Thursday 14 March 2013

Tuinpadjie


Kan nie onthou waar ek hierdie fototjie gekry het nie, maar dit was regtig vir my nogal 'n oulike idee.  Spoelklippe is gebruik om tussen die stapblokke in te vul.  Dit kan maklik in enige tuin gebruik word om 'n vervelige stapblok paadjie op te vrolik.  As jy bang is hulle skuif te veel rond, kan jy 'n klein bietjie sement meng en gebruik om hul aan die onderkant aan mekaar te bind, maar dan moet jy 'n sement basis hê waarop jy dit kan lê, anders gaan jou paadjie vinnig breek en nie meer mooi lyk nie.