Thursday 14 March 2013

Pot en Tuinslang

As julle ook die probleem het wat ek in my tuin het van die tuinslang wat alewig in 'n knoop is of wat lê en hard bak in die son en dan snaakse kinkels vorm, is hierdie hulp en raad vir julle:

Hier is twee idees wat jy kan probeer met 'n eenvoudige tuinpot:


1)  Ek het in my tuinpot 'n klein lourierboompie geplant.  Hulle kan maklik in 'n vorm gesnoei word en is nie vinnige groeiers nie.  So nou draai ek my tuinslang elke aand net al om die pot.  Geen meer songebrande harde kinkels wat ek moet sukkel om uit te kry nie.

2)  Die ander opsie is om jou tuinslang in 'n ronde hopie op te draai soos hier bo op die fototjie.  Dan kan jy die tuinslang net so binne-in die tuinpot sit wanneer jy klaar die tuin nat gemaak het.  Mooi en netjies uit die oog.