Thursday 14 March 2013

Groenvykonfyt-yskastert




Erna Conradie het hierdie resep gedeel, sy het dit jare terug by iemand ge-eet en sê dit is heerlik, defnitief iets om te probeer.

Groenvykonfyt-yskastert ~ Pasella
Bestandele:
Kors
1 pakkie gemmerbeskuitjies, fyn gekrummel
90g gesmelte botter
1 e stroop.
Vulsel
1 blikkie ingedampte melk
knippie sout
3 eiers, geskei
90ml suiker
1 e gelatien, geweek in 2 e koue water & opgelos in 1 e kookwater
1 k fyngesnyde groenvykonfyt
½ k gekapte pekanneute

Metode:
Begin met die kors. Meng al die bestanddele en druk vas in 'n tertbord. Bak 5 minute by 180C om die kors minder krummelrig te maak. Laat afkoel.
Vulsel: Verhit die ingedampte melk en die sout stadig tot kookpunt en verwyder van die hitte. Klits die eiergele met die helfte van die suiker en klits dit stadig by die warm melk. Roer die opgeloste gelatien, konfyt en neute in.
Klits die eierwitte met die orige suiker. Vou in die melkmengsel in en gooi in die voorbereide kors. Plaas in die yskas om koud te word.
Bedien, versier met dun skyfies groenvykonfyt en geklopte room.