Wednesday 20 March 2013

SUURLEMOEN MERINGUE PANKOEK




KOEK
500 ml koekmeel
250 ml suiker
knippie sout
10 ml bakpoeier
125 g sagte margarien
250 ml melk
gerasperde skil van 1 suurlemoen
2 ekstragroot eiers, geklits

BOLAAG
1 blik kondensmelk
2 ekstragroot eiers, geskei
125 ml suurlemoensap
knippie kremetart
80 ml witsuiker
100 ml gevlokte amandels

KOEK
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer 'n 20 x 30 cm oondbak
Sif die meel suiker sout en bakpoeier saam.
Voeg die res van die bestanddele by en klits met elektriese klitser tot gladde beslag. Giet in die voorbereide oondbak en bak 30-35 minute of tot gaar.
BOLAAG
Klits die kondensmelk, eiergele en sap saam en smeer dit oor die warm koek.
Bak nog 5-10 minute.
Klits die eierwitte en die kremetart saam tot sagte punte.
Voeg suiker geleidelik by.
Skep op die koek, sprinkel amandels oor en bak tot die meringue effens goudbruin is.