Wednesday 20 March 2013

Gevulde Aartappels




(30 minute - 4 porsies)

•8 mediumgrootte aartappels
•60 ml botter
•6 sprietuie, gekap
•1 knoffelhuisie, fyngekap
•6 snye ham, in blokkies gesny
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
•30 ml pietersielie, fyngekap
•100 g cheddarkaas, gerasper

Verhit jou oond tot 180 °C. Prik die aartappels met ’n vurk en sit vir sowat 5 minute in die mikrogolfoond, op hoog gestel. Haal versigtig uit en sny ’n doppie van elkeen af. Skep ’n lekker groot gat uit elke aartappel. Verwyder net die doppie se vel. Druk die uitgeskepte aartappel en doppies fyn. Smelt die botter in ’n pan en braai die sprietuie, knoffel en ham vir so ’n minuut. Voeg die fyngedrukte aartappel by, meng goed en geur met sout en peper. Voeg die pietersielie en 80 g kaas by. Vul die aartappels hiermee tot dit taamlik hoog uitstaan. Rangskik dit op ’n bakplaat, sprinkel die orige kaas oor, en bak vir sowat 15 minute.

Wenk
Los die ham uit, en siedaar: ’n vegetariese gereg.