Tuesday 26 March 2013

Roosmaryn steggies - Maklik in 5 stappe.

Maak steggies van jou roosmaryn plantjie in jou tuin.  (Dit kan later oulike geskenke wees vir vriende en vriendinne.  Roosmaryn is mos ietsie wat almal kan gebruik.)  Hier is 5 maklike stappe om te volg.  Dis so maklik enige iemand kan dit doen.

  1. Neem 'n potjie en vul met saailing grond (te kry by 'n kwekery) of riviersand. 
  2. Maak met 'n potlood se agterkant gaatjies in die grond waar jy later die steggies in kan sit.  (Dit sal help dat die hormoonpoeier nie afval soos jy die stukkie plantjie probeer in druk in die grond nie.)
  3. Knip die steggies roosmaryn en maak die onderste 2 cm skoon sodat daar nie blaartjies aan is nie. 
  4. Druk die onderste punte in hormoonpoeier en plaas dit dan in die grond. 
  5. Druk liggies vas en gee bietjie water.  Hou die grond klam, maar nie sopnat nie.