Tuesday 26 March 2013

Groente in klein hoekies / houers

Nie almal van ons is so gelukkig om ‘n groot tuin te hê waar jy sommer met gemak ‘n groentetuin kan af baken nie.  Dalk woon jy in ‘n woonstel of in die stad waar jou tuinspasie maar beperk is.  Wel selfs dan kan jy jou eie groente plant.  Hier is 6 idees wat jy maklik kan implimenteer :

1)       Neem ‘n goedkoop plastiek emmertjie te kry by jou goedkoopste winkels en maak dit in ‘n ry staan - dalk langs ‘n muur wat lekker baie son kry.  (Onthou as dit teen die muur is, gaan jy elke dag moet water gee.)  Jy kan nou hierin tamaties, greenpeppers en selfs kruie plant.  Die meeste kruie hou van baie son in die dag.  Tamaties kan oorleef met ‘n bietjie skadu deur die dag.  Dit sal dalk net langer neem om ryp te raak, maar jy sal steeds ‘n goeie oes kan pluk. 
2)      5 Liter plastiek sap bottels werk ook om tamaties in te plant.  Sny die bo-kant af en maak vol grond.  Saai jou saadjies en hou klam maar nie sopnat nie.  (Vir beginner tuiniers werk “cherry tamaties” of “roma tamaties” die beste.)
3)      As jy min plek het, bly weg van goed soos pampoen en skorsie wat rank en baie spasie opneem.
4)      Boontjies kan maklik in plastiek houers geplant word en op ‘n balkon teen ‘n traliewerk opgerank word.  So ook ertjies en komkommers.  (Jy het nie reuse houers vir hulle nodig nie.  Leë sap bottels werk heel goed.)
5)      Aarbeie kan in hangmandjies geplant word.
6)      Laastens onthou om marigolds (Afrikanertjies) ook te plant sommer so tussen jou groente.  Sodoende het jy sommer ‘n groente en blommetuin alles in een. (Hulle help ook vir die goggas.)

Wenk:  As jy 'n blomtuintjie het, maar nognie groente nie, plant sommer jou groente tussen die blomme.  Ek het al pragtige tuintjies gesien waar spinasie en blomme heerlik saam groei en pietersielie 'n pragtige rand tuintjie versier.  (Hierdie is net raadsaam as jy nie hondekinders in jou tuin het nie.)