Monday 25 March 2013

Peer-en-okkerneutmuffin





Maak: 12
Baktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
890 ml (500 g) koekmeel
156 ml (125 g) sagte bruinsuiker
5 ml koeksoda
2,5 ml sout
10 ml fyn gemmer
5 ml fyn kaneel
knippie elk neutmuskaat en naeltjies
250 ml gewone jogurt
250 ml olie
45 ml melasse
2 eiers, geklits
375 g vars ryp peerblokkies (ongeveer 3 pere)
160 ml (100 g) rosyne
100 g okkerneute, gekap
1 Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n muffinpan met 12 holtes óf spuit dit met kleefvrye kossproei.
2 Sif die koekmeel in ‘n groot mengbak. Voeg die bruinsuiker, koeksoda, sout, gemmer, kaneel, neutmuskaat en naeltjies by. Meng deeglik.
3 Klits die jogurt, olie, melasse en eier in ‘n aparte mengbak. Maak ‘n holte in die droë bestanddele en voeg die vloeistof by. Roer tot goed gemeng.
4 Vou die peerblokkies, rosyne en okkerneute in en skep die beslag in die voorbereide muffinholtes. Bak vir 20 minute tot goudbruin en uitgerys.