Monday 18 March 2013

Paasfees vir die wat nie kunstig aangelê is nie.

Kyk net hierdie oulike idee wat ons raakgeloop het vir die mensies wat nie so goed is met die kunste nie.  Baie van ons is nie kunstig nie, so geverfde paaseiers is nie altyd in almal se vermoë nie.  Nou hoe dan gemaak om 'n oulike paasfees tafel vir die kinders te maak?

Neem leë botteltjies, gooi koeldrank of sap daarin en sit 'n helderkleurige strooitjie in die bottel.  Nou knip jy net 'n hasie vorm uit op mooi papier.  Teken met 'n swart pen 'n gesiggie daarop (dit hoef nie perfek te wees nie) en daar het jy 'n pragtige paasfees versiering sonder dat jy die kuns-koningin hoef te wees.

Ons het hierdie prentjie raakgeloop by interiordesignfiles.