Monday 18 March 2013

Basisresep van bolognaise




Gebruik die basisresep vir die resepte wat volg. Maak sommer die resep in groot maat en vries in kleiner porsies.
(8 porsies)
  • 45 ml olyfolie
  • 250 g spek, grofgekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 500 g maalvleis
  • 1 x 400 g-blik tamaties
  • 250 g tamatiepasta
  • hand vol tiemie
  • 350 ml rooiwyn
  • 100 g parmesaankaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pot. Voeg spek, ui en knoffel by. Roerbraai vir 5 – 8 minute of tot spek mooi bruin is. Voeg maalvleis by en braai verder vir nog 5 – 8 minute of tot die vleis bruin is. Maak
seker jy roer al die klonte in die maalvleis goed sodat jy ’n lekker los vleismengsel het. Voeg blik tamaties, tamatiepasta, helfte van tiemie en al die rooiwyn by. Meng goed en sit hitte op laag. Laat
stadig prut vir minstens 90 minute terwyl jy dit elke 10 minute roer. (Hoe langer die mengsel kook, hoe
lekkerder die sous.) Voeg parmesaankaas en res van tiemie by. Roer weer. Geur goed met sout en
varsgemaalde swartpeper.