Tuesday 26 March 2013

Paasfees - Maak kos sonder vleis.

Daar is ‘n tradisie wat deur miljoene mense gehou word om nie op Goeie Vrydag vleis te eet nie uit respek en omdat ons terug dink aan die Kruis op Golgota.
Baie van ons sal dan onmiddelik dink, o heng wat maak mens as jy nie vleis kan bedien nie. 

Hier is 12 voorstelle vir heerlike Paasfees etes sonder vleis:  
(Resepte hier op ons blog beskikbaar.)

1)      Kerrievis / Pickled fish
2)      Tuisgebakte Breakfast buns vir ontbyt
3)      Gekleurde Paaseiers  - Deviled Eggs (gekookte hoender eiers wat gekleur word)
4)      Hake – gebak in die oond saam met ‘n heerlike slaai of maak ‘n seekos platter .
5)      Hou ‘n vis braai waar die familie lekker kan saam kuier (veral as jy by die see is vir die naweek)
6)      Groente Lasange
7)      As dit reën in jou area oor Paasnaweek, is ‘n  heerlike pampoen sop met vars brood net die regte ding.
8)      Kedgeree (Heerlik en geurig.)
9)      Omelette of franse roosterbrood vir ontbyt
10)   Viskoekies bedien met kapokaartappels en dalk “caramelised onions” daarby.
11)   Maak ‘n seekos potjie op die vuur. (Pajela)
12)   Pangebraaide vis of sommer  net heerlike ‘vis & slapchips’ vanaf die viswinkel op die hoek.

………en laaste maar nie die minste nie………..natuurlik paasbolletjies.