Tuesday 26 March 2013

Rooi Fluweel Koek




Ansie VanWyk
Hier is die Rooi Fluweel Koek.
ROOI FLUWEELKOEK ****** heerlik, heerlik

625 ml (2½ k) koekmeel

375 ml (1½ k) suiker
5 ml (1 t) koeksoda

5 ml (1 t) kakao
5 ml (1 t) sout

250 ml (1 k) karringmelk
2 eiers, by kamertemperatuur


  375 ml (1½ k) olie
5 ml (1 t) witasyn

25 ml (5 t) rooi voedselkleursel
5 ml (1 t) vanieljegeursel

Roomkaasversiersel
1 houer (250 g) ferm roomkaas

250 g sagte botter
500 ml (2 k) versiersuiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Berei 3 koekpanne van 18 cm voor. Sif meel, suiker, koeksoda, kakao en sout saam in ’n groot mengbak.
2. Plaas karringmelk, eiers, olie, asyn, kleursel en geursel in ’n aparte mengbak.
3. Meng die meelmengsel by die karringmelkmengsel. Verdeel die beslag tussen die voorbereide panne en bak vir 35-40 minute. Versier met die roomkaasversiersel en organiese roosblare.

Versiersel
1. Plaas roomkaas en botter in die mengbak van ’n elektriese menger en klits tot lig en donsig.
2. Voeg die versiersuiker by en klits tot gemeng. Voeg die vanieljegeursel by en klits tot net gemeng. Verkoel vir 20 minute voor dit gebruik word.


Dit is die heerlikste koek wat ek nog geëet het. As ek wil spog dan bak ek hierdie koek. Dit is 'too die for'!!!!( Ek gooi 'n hele botteltjie kleursel in 30ml.)