Friday 15 March 2013

Paasbolletjies nagereg.

Wilna Dorfling
Jy benodig (vir 6 mense)
•6 paasbolletjies
•90 ml botter
•90 ml fyn appelkooskonfyt
•250 ml room
•3 eiergele
•4 eierwitte
•100 g (120 ml) strooisuiker
Só maak jy
1 Voorverhit die oond tot 180 C.
2 Sny die paasbolletjies oop en smeer dik met botter en appelkooskonfyt. Plaas ’n Paasbolletjie in ’n teekoppie wat met botter gesmeer is. Druk gate met ’n mes in elke bolletjie.
3 Klits die room em eiergele saam en gooi oor die paasbolletjies. Plaas die koppies in ’n oondbak en vul die bak met kookwater tot halfpad op teen die koppies. Plaas in die oond vir 15 minute.
4 Klits intussen die eierwitte styf en voeg die strooisuiker lepel vir lepel by. Dit moet ’n lekker stywe meringue wees.
5 Haal die oondbak versigtig uit die oond en skep die meringue bo-op die bolletjies. Plaas terug in die oond vir minstens 8 minute tot die meringue bruin word. Sit warm voor.