Friday 15 March 2013

Kerrievis




 (8 porsies)
  • sowat 1,5 kg geelbek/geelstert, of koningklip
  • 15 ml sonneblomolie
  • 4 groot uie, in ringe gesny
  • 40 ml matige kerriepoeier
  • 20 ml borrie
  • sowat 6 pimentkorrels (allspice)
  • sout en peper na smaak
  • 2 gekneusde suurlemoen- of lourierblare
  • 100 ml suiker
  • 500 ml wit druiweasyn
  • 125 ml water
Verhit jou oond tot 200 °C. Plaas die visfilette op ’n bakplaat. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Plaas in die warm oond en rooster vir 8 - 10 minute. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die uie, kerriepoeier en borrie saam vir so 5 minute. Meng die suiker, asyn en water saam en voeg by. Geur met pimentkorrels, sout en peper en kook vir 20 minute met die deksel op. Pak jou gaar vis in ’n glasbak en gooi die warm sous oor. Laat afkoel en maak toe met kleefplastiek. Laat vir 2 - 3 dae in die yskas om lekker te piekel.
Wenk:
Probeer ’n plastiekbak vermy - die borrie kan dit lelik vlek.