Friday 15 March 2013

Hoendersosaties




1,5 kg ontbeende hoenderborsies of hoenderdye
Marinade
125 ml suurlemoensap
30 ml olie
30 ml heuning
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
10 ml sout

15 ml gemaalde koljander
10 ml fyn komyn
5 ml borrie
2 ml kaneel
Vars gemaalde swartpeper na smaak
Sny die hoender in blokkies. Meng alles vir die marinade goed saamen giet oor die hoender (gebruik ’n nie-metaalbak). Bedek en verkoel vir minstens twee uur óf oornag.
Ryg die hoender aan die sosatiestokkies en braai oor die kole of rooster onder ’n rooiwarm roosterelement tot gaar (sowat 3-4 minute aan elke kant).
Lewer ses porsies.