Wednesday 27 March 2013

Ontbyt-muffins




4 porsies

Muffins
• 4 skywe hickory-ham
• 10 ml olyfolie of kanola-olie
• 1 ui, gekap
• 150 g sampioene, gekap
• sout en peper
• 6 eiers, geklits

• 15 ml vars, gekapte pietersielie
• 25 g Tusser’s- of wit kaas, gerasper
• 4 snye lae-GI-brood of -rolletjies

Tamatiesous
• 1 x 410 g-blikkie ingemaakte kersietamaties in sous
• sout en peper
• 5 ml suiker
• 10 ml vars, gekapte basiliekruid

Verhit oond tot 180 °C. Spuit ’n grootholte-muffinpan met kleefwerende kossproei. Plaas ’n sny ham in elk van 4 muffin-holtes. Verhit olie en braai ui tot deurskynend. Voeg sampioene by en braai tot sag. Geur met sout en peper. Verdeel mengsel tussen die 4 muffin-holtes. Klits die eiers en geur met sout en peper en pietersielie. Verdeel mengsel tussen die muffin-holtes. Strooi gerasperde kaas oor die eiermengsel. Bak vir sowat 15 – 18 minute of tot gestol.

Tamatiesous
Kook intussen die tamaties oor matige hitte saam met die sout en peper en suiker. Kook tot die sous met ongeveer ’n derde verminder het. Proe en geur na smaak. Voeg gekapte basiliekruid by en sit voor saam met lae-GI-brood/rolletjies van jou keuse.