Thursday 28 March 2013

Gevulde Ontbytbrood




Hierdie broodjie se vulsel is bykans alles wat jy in ’n Engelse ontbyt sal kry, maar baie makliker om te eet.
 
Jy benodig

VIR DIE DEEG
  • 500 g koekmeelblom
  • 10 ml sout
  • 5 ml suiker
  • 45 g botter
  • 10 g droë gis
  • 300 ml louwarm water
VIR DIE VULSEL
  • 1 beesworsie, gaargemaak
  • 3 repies spek, gebraai
  • 1 sampioen, in repies gesny en gebraai
  • ’n halwe ui, in skywe gesny en gebraai
  • 2 hardgekookte eiers
  • ’n hand vol gerasperde kaas

Só maak jy
MAAK DIE BROOD
  • Vryf die botter deeglik by die droë bestanddele en voeg die gis by.
  • Gooi genoeg water by om ’n deeg te vorm en knie dit vir vyf minute.
  • Laat rus die deeg vir sowat vyf minute.
MAAK DIE VULSEL
  • Voorverhit die oond tot 180° C.
  • Verdeel die deeg in twee en rol elkeen met jou hande in ’n silindervorm.
  • Druk dan die rolle deeg met jou hande platter totdat jy twee dik, reghoekige stukke die grootte van ’n vatlappie het.
  • Verdeel die vulsel in twee en pak alles behalwe die kaas bo-op die twee stukke deeg.
  • Vou dit toe en strooi die kaas bo-oor.
  • Laat die twee broodjies uitrys en bak hulle dan tot ligbruin.
  • Laat die brode afkoel, draai dit toe in waspapier en pak dit in.