Tuesday 12 March 2013

Kruie in jou kombuis

Omtrent almal van ons het ou mandjies wat erens dalk in die motorhuis lê en stof vergader of dit maak erens in jou huis net die kas oorvol.  Hier is 'n oulike idee wat jou kombuis sommer in 'n kits gaan verander in 'n Italiaanse paradys:

Neem 'n ou mandjie en soek 'n plastiek bakkie wat mooi binne-in dit pas.  Dit kan selfs 'n ou margarien bakkie wees.  Plant jou jou kruie plantjie daarin in goeie potgrond. 

Belangrik: 
  1. As jy nie dreineringsgate onderin maak nie, moet jy min maar gereeld water gee soos benodig.
  2. Plant kruie wat jy gereeld gaan gebruik in die kos, want hoe meer jy hulle "snoei" hoe langer sal hul hul vorm behou en mooi lyk in jou kombuis. 
Wenk:
  1. 'n Bak met vars tamaties daarin langs jou kombuis kruie mandjies, sal dit nog mooier laat vertoon en dit verander in 'n regte fokuspunt.
(foto:  floralinq)