Friday 15 March 2013

Hawermout Wenke:




1. Voeg dit by muffin- of pannekoekbeslag, of by enige stoompoeding- of brooddeegmengsel. As die gekookte hawermout te styf is, verdun met 'n bietjie kookwater.
2. Voeg dit by jou viskoekie- of frikkadelmengsel, of selfs by maalvleis vir 'n lasagna, bolognese of vleisrol. Lekker verby, en die sente word boonop goed gerek in die proses.
3. En as jy sop maak en 'n verdikkingsagent soek, is gekookte hawermout die ideale ding. Dit gee nie net geur nie, maar is gesond.