Monday 25 March 2013

Jellie-en-vla-glase




Jy benodig
•1 pakkie rooi jellie
•1 pakkie groen jellie
•1 pakkie oranje jellie
•kookwater en koue water

•’n paar helderkleurige jellielekkers
•500 ml koue, dik vla
•kleursprinkels

Só maak jy
•Maak elke pakkie jellie in ’n aparte bak aan. Voeg eers 250 ml kookwater by die poeier. Roer tot opgelos en voeg dan 250 ml koue water by en roer goed.
•Giet die rooi, groen en oranje jellie in die plastiekglasies. Laat staan tot dit net-net begin stol voor jy die jellielekkers binne-in sit. (Die jellie moet al dik genoeg wees sodat die lekkers nie afsak nie, maar ook nie té veel gestol nie.)
•Bêre die jellieglasies in die yskas. Skep net voor opdiening ’n paar groot lepels vla bo-op elke jellielaag en besprinkel liggies met kleursprinkels (of jelliepoeier).