Monday, 25 March 2013
KERRIEHOENDER
200 ml warm rooibostee
4 hoenderstukke (jou keuse)
1 blokkie hoenderekstrak
50 ml kookolie
2 groot uie, geskil en in skywe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus (opsioneel want nie almal hou van knoffel)
1 stukkie gemmer, gerasper
1 groenrissie, ontpit en gekap (kan rooi ook gebruik)
10 ml kerriepoeier
1 tamatie, geskil en gekap
1 blik pynappelstukke (opsioneel)
sout en peper na smaak
Metode
Los hoenderekstrak op in rooibostee.
Verhit olie in pan en sorteer uie, knoffel, gemmer, groenrissie en kerrie vir 5 minute.
Voeg hoenderstukke by en braai nog 15 minute liggies.
Voeg tamatie, pynappelsap (uit blikkie), sout en peper by en prut vir 1 uur of totdat hoender sag is.
Voeg pynappelstukke by en verhit deeglik.
Bedien met rys.