Friday 15 March 2013

Hondehappies: hoenderlewer- en-soetpatatlekkerny





Honde is mal oor die koekies en sal enige toertjie doen om daarmee vergoed te word.

(Maak30)
250g gemaalde koringmeel
40g growwe, ongemaalde hawermout
50g grofgemaalde hawermout
5g droë gis
2t vars suurlemoensap

160ml louwarm, gaar hoenderlewer-smoothie*
60ml louwarm soetpatat-smoothie**
1k hoenderlewer en hawermoutmengsel***
Verhit die oond by 200 grade celsius. Meng die koringmeel, hawermout en gis. Voeg die suurlemoensap by die hoenderlewer-smoothie. Meng dadelik met die droë meelmengsel. Voeg die louwarm soetpatat-smoothie by en meng deur. Bedek die bak met ʼn skoon vadoek en los 20 minute in ʼn warm plek.
Rol die deeg uit tot dun en hanteer die deeg so min as moontlik. Strooi die droë lewer en hawermoutmengsel oor die uitgerolde deeg. Druk dit liggies vas in die deeg. Prik die deeg en druk vormpies uit. Bak 35 minute. Sodra die koekies afgekoel is, sit terug in die oond en los oornag om uit te droog.
*Maak die smoothie deur 95 ml hoenderlewertjies te kook met 65 ml water. Verpulp in ʼn voedselverwerker.