Sunday 17 March 2013

Toebroodjierooster-plaatkoekies



250 ml (1 k) koekmeel
180 ml (¾ k) gerasperde cheddarkaas
1 eier, geklits
180 ml (¾ k) melk
10 ml (2 t) bakpoeier
60 ml (4 e) olie
sout na smaak

Meng al die bestanddele terwyl die toebroodjiemaker warm word.
Skep eetlepels vol van die beslag in die onderste helfte en maak die toebroodjierooster toe.
Waneer goudbruin, keer uit en sit voor met kaas of konfyt van jou keuse.