Tuesday 26 March 2013

Gevulde Butternut




Het jy nie tyd om 'n butternut in jou ook te bak nie, probeer hierdie manier, halveer 'n butternut, verwyder die pitte en sommer bietjie van die nek se vlees, en sit dit in die Steamer om gaar te stoom.
So tussen die stoom, maak jy ‘n pakkie maalvleis gaar met die nodige uie, knoffel, sout, peper en kruie.  Soos wat jy jou gunstelling maalvleis sal gaarmaak.
As die butternut sag gestoom is, haal jy dit uit, en plaas dit in ‘n oondvaste bak.  Skep die maalvleis in die hol gedeelte van elke halwe pampoen en krummel feta daaroor.

Druk dit onder die oond se rooster (grill) en laat die feta ‘n kleurtjie kry.
Haal uit, sit op ‘n bord, skink wyn, en eet heerlik aan jou pampoen.