Thursday 28 March 2013

Plaatkoekie soufflé




Jy benodig
• 2 eierwitte
• 500 ml koekmeel
• 20 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 2 ekstra eiers
• 1½ liter melk
• 25 ml olie
• 1 teelepel konfyt van jou keuse per plaatkoekie

Só maak jy
1 Klits die eierwitte totdat dit stywe punte maak wanneer jy die klitser uitlig.
2 Sif die droë bestanddele saam en meng die eiers, melk en olie in ’n beker. Gooi dan die melkmengsel by die meel en meng dit goed.
3 Vou die eierwitte versigtig by.
4 Verhit ’n pan tot matig warm en smelt ’n bietjie botter daarin met ’n klein bietjie olie. Braai nou lepels vol van die deeg tot ligbruin, lig en gaar.
5 Skep ’n lepel vol konfyt op elke plaatkoekie net nadat jy dit omgedraai het, en sit dit warm uit die pan voor.