Wednesday 20 March 2013

Sjokolade-aartappelkoek




Genoeg vir: 8
Bereidingstyd: 30 minute
Baktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 190 °C
• 180 ml (165 g) botter
• 300 ml (260 g) strooisuiker
• 75 g donkersjokolade, gesmelt
• 120 g fynaartappels
• 3 groot eiers, geklits
• 480 ml (260 g) bruismeel

• 5 ml fyn kaneel
•90mlmelk
Vulsel
• 150 g donkersjokolade
• 150 ml room
• 140 ml (75 g) versiersuiker
• 60 ml Amarula-likeur of melk
1 Smeer en voer drie 20 cm-koekpanne.
2 Klits die botter en suiker saam tot lig. Klits die gesmelte sjokolade en fynaartappels by.
3 Klits die eiers een-een by; voeg ’n bietjie meel by saam met elke eier. Vou die res van die meel, die kaneel en 1 ml sout in en vou dan die melk in.
4 Verdeel tussen die panne en bak in die verhitte oond vir 30 minute of tot deurgaar. Haal uit en laat afkoel.
5 Vulsel Smelt die sjokolade en roer die res van die bestanddele by. Laat afkoel en smeer oor die koek.