Tuesday, 19 February 2013

VARKWORSIE-EN-BONE-KASSEROL




4 porsies       
  • 30 ml olyfolie
  • 14 chipolata-varkworsies
  • 250 g repiespek (streaky bacon), in blokkies gesny
  • 1 ui, in skywe gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 250 ml witwyn
  • 200 ml hoender-aftreksel
  • 2 blikke (400 g elk) botterbone, gedreineer   (probeer gerus 1 blik bone en 2 patats in blokkies gesny)                
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • fyngekapte pietersielie
Verhit olyfolie in ’n kastrol. Braai worsies vir sowat 5 minute tot ligbruin. Hou eenkant. Braai spek in dieselfde kastrol tot effens bruin en voeg ui en knoffel by. Voeg worsies, witwyn, hoender-aftreksel en botterbone by. Geur met sout en swartpeper. Laat prut vir sowat 15 – 20 minute tot worsies gaar is. Sprinkel pietersielie oor.