Monday 18 February 2013

Hoenderrepies




Hierdie sal heerlik wees saam met 'n kaasbroodjie

•45 ml mayonnaise
•30 ml blatjang
•5 ml heuning
•4 ontbeende hoenderborsies, in repies gesny

•sout en vars gemaalde swartpeper

Meng die mayonnaise, blatjang en heuning goed. Marineer die hoenderrepies vir 15 minute daarin. Plaas die hoenderrepies op 'n draadrak met 'n bakplaat onder en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Bak vir 15 minute teen 200 °C. Laat afkoel en hou in die yskas.