Tuesday 12 February 2013

Turksvy konfyt






Skil 1 kg ryp turksvye dun af en sny dit in klein stukkies op.
Voeg 625 ml water by.
Verhit dit tot kookpunt en kook dit 'n kwartier lank met die deksel op.
Haal die kastrol van die stoof af.
Voeg 375 g witsuiker, die sap van 'n halwe suurlemoen, 1 knoets gekneusde, gedroogde gemmerwortel en 'n knippie sout by die warm turksvymoes.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Kook dit oor matige hitte totdat die konfyt helder en dik is.
Verwyder die gemmer en gooi dit weg.
Sep die skuim af.
Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.