Monday 11 February 2013

Selfgemaakte lemoensap




Druk daai lemoene flou
Selfgemaakte lemoensap

Dink net hoe gaan jou kleinding pouse by haar maatjies spog as sy sélf die sap in haar koeldrankbotteltjie uitgedruk het.

Jy het nie eens ’n elektriese lemoen­uitdrukker nodig nie; ’n hout- uitdrukkertjie soos die een op die foto werk net so goed.

Die bonus is dat jou kind se motoriese vaardighede en kleinspierontwikkeling bevorder word deur aktiwiteite soos dié.