Monday 4 February 2013

Tafelmatjies - Maak dit self - maklik en vinnig

'n Oulike idee om tafel plekmatjies te maak, is om swartbord verf te gebruik. 

Wanneer jy 'n plekmatjie idee soek vir 'n kinderpartytjie, is hierdie idee ideaal.  Jy kan die kinders se name daarop skryf sodat elkeen weet waar hy moet sit en later kan hulle dit gebruik as tekenplek.  Hulle kan dan hul tekening saamneem huis toe.  Dit kan as 'n heerlike speletjie item ook ingespan word deur hulle daarop Nulletjies-en-kruisies te laat speel teen mekaar.  Of sommer net om 'n kompetisie te hou van wie die vinnigste 'n huisie kan teken (afhangende van die ouderdomsgroep).

Swartbord plekmatjies vir 'n grootmens-funksie, kan dien as spyskaart, plekaanwysers, versiering of jy kan 'n vers, gedig of spreekwoord daarop skryf wat later 'n interresante besprekingspunt kan raak.

Dis maklik om te maak.  Baie "craft" winkels verkoop die borde klaar net reg om geverf te word.  Jy kan soveel doen met swartbordverf dat 'n blikkie ook beslis nie vermors sal word nie.  As daar oorbly, verf sommer 'n ekstra bord vir jou kombuis se inkopielys, of verf klein bordjies wat jy in jou plantpotte kan druk met die plantname daarop.  Dis maklike pret wat enigiemand kan probeer.