Monday, 4 February 2013

Klapper- en Kersiebrood




1 eier
250 ml melk
5 ml vanieljegeursel
400 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
5 ml fyn kaneel
5 ml sout
125 ml suiker
250 ml klapper
125 ml Jungle Oats
50 ml botter
50 g kersies

Voorverhit oond tot 180ºC.
1. Smeer ’n mediumgrootte broodpan.
2. Meng eier, melk en vanieljegeursel saam.
3. Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel en sout saam.
4. Voeg suiker, klapper en Jungle Oats by.
5. Voeg eiermengsel by meelmengsel.
6. Voeg gesmelte botter en kersies by en vou mengsel met metaallepel tot gemeng.
7. Skep in voorbereide broodpan en bak 45-60 minute lank of tot ’n toetspen skoon uitkom.
8. Keer die gaar brood uit en laat afkoel op ’n draadrakkie.

Maak 1 brood

Wenk : Rol kersies in ’n bietjie meel om te verhoed dat hulle aan mekaar vaskleef.