Tuesday 5 February 2013

Klewerige ribbetjies met koringslaai




Erna Conradie

Klewerige ribbetjies met koringslaai ~ Voelgoed Tydskrif.

Ribbetjies is groot bederf en so maklik en vinnig om te maak. Koring het ’n lae GI en is ook laag in ...vet, hoog in vesel, vitamienryk en propvol antioksidante wat help om jou immuunstelsel gesond te hou.

Bedien 4

Kilojoules vir 250g ribbetjies en een porsie slaai: 1 122

Bestanddele:

1 kg varkribbetjies
125 ml tamatiesous
30 ml blatjang
30 ml sojasous
60 ml heuning
15 ml olie
Vir die slaai

500 ml koring, gaar gekook in water
30 ml olyfolie
sap en skil van een suurlemoen
15 ml balsamiese asyn
1 blikkie (440g) rooi nierbone, gedreineer
1 blikkie keker-ertjies, gedreineer
200 g (2 wiele) fetakaas, in blokkies gesny
50 g gedroogde bosbessies (cranberries) of rosyne
100 g pekanneute, gekap
1 rooi ui, gekap
60 ml vars pietersielie, gekap
Metode:

Verhit die oond tot 200ºC.Trek ’n bakplaat met foelie of bakpapier oor en spuit met kleefwerende kossproei. Meng die tamatiesous, blatjang, sojasous, heuning en olie saam. Marineer die ribbetjies vir ’n paar minute daarin. Plaas die ribbetjies op die bakplaat en bedruip met die helfte van die orige marinade. Bak in die oond vir 20 minute. Gooi die res van die marinade oor en bak vir nog 10 minute tot die sous klewerig is en die ribbetjies gaar. Vir die slaai: Meng die olyfolie, suurlemoensap en -skil en balsamiese asyn saam en meng deur die koring. Voeg die nierbone, keker-ertjies, fetakaas, bosbessies of rosyne, neute, rooi ui en pietersielie by en meng goed. Bedien saam met die ribbetjies.