Tuesday 26 February 2013

Sjokolade-en-pekanneut muffins




(6 groot muffins)
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 65 g (160 ml) kakao
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 250 ml sjokolade-splinters
  • 100 g pekanneute, grofgekap
  • 330 ml melk
  • 80 ml sonneblomolie
  • 2 groot eiers
  • 5 ml vanieljegeursel
Verhit jou oond tot 200 °C. Voer muffinpannetjies met papierhouers uit, wat jy met Spray & Cook spuit. Sif meel, kakao, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. Voeg suiker by en meng goed deur. Voeg sjokolade-splinters en pekanneute by. Klits melk, olie, eiers en vanielje saam. Vou dit in die meelmengsel in. Moenie weer roer nie. Verdeel die deeg in jou muffinpanne. Bak vir 20 – 24 minute tot gaar – toets met ’n dun pennetjie.