Tuesday 26 February 2013

Boere soufflé




‘n Heerlike en maklike eier-en-kaasgereg vir ontbyt, brunch of ligte ete enige tyd.

Bestandele:
Koppie gerasperde kaas
1 Klaar gesnyde witbrood
8 Eiers
500ml room
500ml melk

Biltong,gesny of ‘n halwe pakkie (125g) gesnipperde bacon (kan dit uitlaat ook vir ‘n Halaal weergawe)
Sout en peper na smaak

Metode:
1) Verhit die oond na 180°C
2) Smeer ‘n groot oondbakplaat/oondvaste bak ( 30x40x5cm) met botter/margarine/”cook and spray”
3) Sny die korsies af van die broodsnye, sny elke sny in kwarte.
4) Pak die brood in die bodem van die plaat om ongeveer twee lae te vorm (hoef nie presies te wees nie)
5) Braai die bacon so bietjie as jy besluit om bacon by te sit (hoef nie donker en 100% gaar te wees nie).
6) Strooi die gerasperde kaas oor al die broodlae.
7) Klits die eiers, room en melk saam en geur na smaak.
8) Gooi dit oor die brood en kaas sodat dit intrek in die brood in.
9) Gooi die biltong of bacon eweredig oor alles.
10) Bak in die oond vir 40 minute.
11) Genoeg vir 8 mense, groot porsies.

Die wonderlike ding van die resep is dat jy dit al die vorige dag voor jy dit wil opdien kan maak en net bedek en in die yskas hou!