Wednesday 13 February 2013

REËNBOOG TOEBROODJIES




Hierdie vulsels is vir een brood, jy kan vulsels al vorige aand reeds maak

VULSEL 1:
40 ml goeie smeer margarien en 5 ml Marmite of Bovril. Klits deeglik met vurk sodat Marmite in margarien in blend.

VULSEL 2:
40 ml margarien en 20 ml mayonnaise. Klits tot goed gemeng. Rasper 2 gekookte eiers in gebruik fyn rasper en geur met sout en peper of Aromat.

VULSEL 3:
40 ml margarien en 20 ml mayonnaise. Klits goed. Klits nou ½ koppie baie fyn gerasperde kaas by. Voeg ½ -1 teelepel fyngerasperde ui by. Oppas vir te veel dit kan jou vulsel bitter maak. Voeg nou paar druppels groen voedselkleursel by. Vulsel moet kleur van avokado hê. Geur met sout en peper.

'n Albany brood het net mooi 16 snye, gebruik wit of bruin of gemeng, maak nie saak.   Pak 4 stapels brood elk met 4 snye brood voor jou.  Smeer vulsel in op eerste sny en bedek met tweede sny brood.   Maak so met al 4 stapels.  Herhaal proses met vulsels 2 en 3.

As jy klaar is het jy weer 4 stapels brood van 4 snye elk.  Vat nou n skerp broodmes en sny elke stapel se korsies af.  Draai brood toe in foelie en plaas in yskas.

Moet ten minste 8 ure staan om mooi te set.  Wanneer jy dit gaan gebruik, sny elke stapel in lengte middeldeur.  Sny nou die twee helftes in vyf snytjies.

Jy kry dus 10 stukkies uit een stapel en 40 stukkies uit een brood.

Pak op mooi bord en versier met tamaties en slaaiblare help om brood vars te hou.

Plaas terug in yskas tot jy dit gaan bedien.

Die vulsels is geneig om loperig te word in die warm weer en dan skuif snytjies van mekaar af.