Friday 15 February 2013

Ontbytjaffels




Jy benodig
• botter
• spek
• gesnyde brood
• eiers

• sout en swartpeper

Só maak jy
1 Gee vet! Smelt ’n bietjie botter in ’n pan en braai die spek daarin totdat dit goudbruin, bros en geurig is. Dreineer dan die spek op kombuispapier.
2 Toebie-tyd! Smeer die brood aan die een kant met botter. Sit dan ’n sny brood met die gesmeerde kant na onder in ’njaffelpan.
Pak ’n repie gebraaide spek op die sny brood. Breek nou versigtig ’n eier bo-op en geur dit met sout en swartpeper. As jy van ’n byt hou, kan jy gerus ook ’n bietjie gekapte rissie bysit. Sit nou die tweede sny brood bo-op (met die gebotterde kant na bo) en knyp die jaffelpan toe.
3 Braai sal jy braai. Steek nou jou primusstofie (of vuur) aan en braai die jaffel oor matige hitte tot goudbruin aan al twee kante.
4 Raak fênsie. Jy kan piesang en spek ook gebruik… of sit tamatie by die spek en eier… of kaas…