Friday 15 February 2013

Rosyntjiebrood




1 pakkie van 500 g bruismeel
180 ml suiker
1 geklitste eier
125 ml water
250 ml melk
250 ml rosyntjies

5 ml sout

Glaseersel (opsioneel)
Eier geklits met bietjie melk

Stel oond op 180°C.
Plaas al die bestanddele in 'n mengbak en meng tot 'n deeg. Skep in 'n voorbereide broodpannetjie. Smeer 'n bietjie glasseersel bo-oor. Bak 1 uur of tot toetspen skoon uitkom.
Laat 'n rukkie in pan afkoel, keer uit op draadrak en laat afkoel. Bedien met botter.

Wenke
Gebruik die res van die eier-melkmengsel van die glasseersel om Franse braaibrood te maak