Tuesday 19 February 2013

Marmite-Tert




Marmite kan met Bovril vervang word

•500 ml meel
•10 ml bakpoeier
•2 ml sout
•100 g botter
•2 eiers
•250 ml melk

•500 ml gerasperde cheddarkaas
•60 ml Marmite
•60 ml botter

Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Smelt die 100 g botter en voeg die gesifte droë bestanddele by. Klits die eiers en melk saam en voeg by die bottermengsel. Roer die kaas by. Gooi in 'n gesmeerde bak (20 cm x 15 cm) en bak vir 15 minute teen 200 °C. Smelt intussen die Marmite en 60 ml botter saam. Wanneer die tert uit die oond kom, gooi die Marmite-mengsel oor. Sny in blokke.