Monday 18 February 2013

Hoenderlewers in tamatie-sous




4 porsies

•2 blikke (400 g elk) gekapte tamaties
•2 knoffelhuisies, fyngekap
•120 ml rooiwyn
•sap van halwe suurlemoen
•5 ml droë gemengde kruie
•15 ml suiker
•sout en varsgemaalde swartpeper

•50 ml botter
•30 ml olyfolie
•500 g hoenderlewers

Maak die tamatie-sous eerste: Meng die tamaties, knoffel, rooiwyn, suurlemoensap, gemengde kruie en suiker in jou versapper tot fyn. Geur met sout en swartpeper. Gooi die sous in ’n kastrol en kook dit af. Terwyl dit kook, braai jy die hoenderlewertjies: Verhit die botter en olyfolie saam. Braai die hoenderlewers daarin vir sowat 5 minute. Wanneer die tamatie-sous lekker dik is, voeg die hoenderlewers by en bedien saam met broodrolletjies.