Monday 18 February 2013

Spaghetti-aandete




4 porsies

* 500 g (1 pak) spaghetti
* bietjie olie
* 1 ui, gekap
* 2,5 ml (½ t) vars gekapte knoffel
* knypie droë gemengde kruie
* 250 g (1 pakkie) spek, gekap
* 250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
* 30 ml (2 e) blatjang

* sout en peper na smaak
* 340 g (1 blik) pitmielies, gedreineer
* 400 g (1 blik) geroomde tamatiesop
* 500 ml (2 k) mozzarella, gerasper

Stel oond op 180 °C.

Kook spaghetti in borrelende water waarby bietjie sout en olie gevoeg is tot net gaar. Dreineer, roer bietjie olie deur en hou eenkant tot benodig.

Verhit bietjie olie en soteer ui, knoffel en kruie tot sag.

Voeg spek by en soteer vir 5 min. Voeg sampioene by en soteer tot sag.

Voeg blatjang, sout, peper, pitmielies en sop by. Laat prut vir 5 min. tot verdik. Verwyder van hitte.

Meng spaghetti en helfte van kaas by. Skep in oondbak wat met kossproei gespruit is.

Sprinkel oorblywende kaas bo-oor. Bak vir 25 min. Sit warm voor.