Tuesday 26 February 2013

Gieter vir jou huisplante

Baie keer as mens jou huisplante wil water gee, spat die water en val op jou mooi hout tafel.  (Dan gee ek altyd die waterbeker wat ek gebruik die skuld........)  'n Sterk stroom water vanuit 'n beker kan 'n hele gemors veroorsaak, glo my.

'n Oulike idee is om 'n leë sap bottel se doppie vol gaatjies te maak. 
So kan jy jou plante water gee met die sap bottel en jy sal sien die water mors nie meer so erg nie, want dit werk nou soos 'n klein gietertjie.  (Ek vind 'n 500 ml botteltjie werk heerlik.)

Wenk:  Jy kan gedroogte eierdoppe in die bottel gooi en laat staan.  Die water sal dan as voeding dien vir jou huisplante.