Tuesday 26 February 2013

Gekleurde Paasfees eiers - Eetbaar

Lyk dit nou nie ongelooflik oulik vir 'n peuselhappie bord oor Paasfees nie? 

Dood gewone gevulde eiers (Devil Eggs).  Al wat jy doen is:  op die stadium wat jy die halwe eiers se geel uitgedop het, doop jy die wit eier halwes in 'n bakkie met water en voedselkleursel.  Daarna skep jy jou eiergeel (nou gemeng met mayo en 'n bietjie tamatiesous en 'n knippie paprika) terug in jou eierhalwes.  Siedaar - pragtig. (Foto: helpmybudget)