Tuesday 26 February 2013

Voëlhok tuin versierings

Ek het hierdie prentjie erens op 'n epos raak geloop en dit het my laat dink.  As jy groot skadubome in jou tuin het met dalk 'n tafel en/of stoele daaronder kan hierdie idee nogal oulik lyk.  Hou net in gedagte dat as jy nie elke liewe dag wil plante water gee in die lug nie, moet jy dalk kyk na ander opsies soos:


  1. Gebruik nagemaakte "ivy" in stede van 'n regte plant.  Jy hoef dit nie daagliks water te gee nie en as dit in skadu hang, kan dit baie lank hou.
  2. In stede van 'n voëltjie in 'n hok wat net sit en staar voor hom uit (hie-hie), sou ek dalk eerder die hok net so los met net die groenigheid, of ek sou 'n paar blommetjies in die middel sit.  Maar soek dan die nagemaakte soort wat regtig lyk soos blomme.  Jy kry van hulle wat baie realisties is.  (Fyn blommetjies kan goed werk om 'n Franse landelike gevoel te skep.)
  3. Hierdie is 'n oulike idee vir die herwin van ou afgeleefde voëlhokkies.  Jy kan selfs 'n vierkantige een gebruik.  Spuit of verf dit eers met 'n roeswerende verf om dit lank te laat hou.