Sunday 24 February 2013

Cowboy-ontbyt




Bestanddele
1 ui, grofgekap
1 pakkievarkworsies, opgesny
1 rooi soetrissie, ontpit en rofgekap
1 geel soetrissie, ontpit en rofgekap
1 blikkie tamatie-en-uiesmoor
1 teelepel paprika
1 blikkie gebakte bone
Tabasco-sous
4 meel tortillas (pannekoek sal ook lekker werk)
½ koppie cheddarkaas, gerasper

Metode
Verhit 'n braaipan tot matige hitte en braai die uie tot sag.
Voeg die varkworsies by en braai tot goudbruin.
Voeg die rooi en geelsoetrissies by die mengsel.
Voeg die blikkie tamatie-en-uiesmoor en paprika by en prut vir 10 minute tot effens verdik.
Roer die gebakte bone by en geur goed met sout, gemaalde swartpeper en ‘n stewige stootjie Tabasco-sous.
Plaas lepels vol in elk van die tortillas.
Sprinkel met die cheddarkaas en vou toe.
Bedien warm.