Sunday 24 February 2013

Piesangbrood




Die brood sal so 2 dae vars bly in ’n lugdigte houer.

•120 g (130 ml) botter
•150 g (160 ml) suiker
•2 eiers
•4 ryp piesangs
•15 ml suurlemoensap
•240 g (430 ml) koekmeel
•2 ml sout
•5 ml koeksoda
•30 ml melk

Verhit jou oond tot 180 °C. Klits botter en suiker saam tot lig en romerig in jou elektriese menger. Voeg eiers een vir een by en klits goed ná elkeen. Verpulp piesangs in ’n voedselverwerker en voeg suurlemoensap by. Sif droë bestanddele saam en voeg dit om die beurt met die melk by die bottermengsel. Skep beslag in ’n goed gesmeerde broodpan. Bak vir 1 uur. Toets met ’n dun pennetjie – dit moet droog uitkom – voor jy die brood uit die oond haal.