Monday 21 January 2013

Warm Sampioen slaai

Bestanddele
500 g Vars Sampioene
30 g (50 ml) Koekmeelblom
5 ml Sout
Knypie Rooipeper
Knypie Gemaalde neutmuskaat
250 ml Room
40 g (50 ml) Margarien
15 ml Fyn gekapte ui
15 ml Fyn gekapte Pietersielie
5 ml Aangemaakte mosterd

Metode
Voorverhit oond tot 180°C. Sny sampioene in stukkies en plaas in 'n oondskottel Meng die res van die bestanddele, behalwe die room, en smeer oor die sampioene.
(Smelt die bestanddele saam in 'n mikrogolf, dit is dan makliker om te smeer).
Giet room bo-oor. Bak sampioene 20 tot 30 minute en roer dit 3 tot 4 keer om terwyl dit bak. Sit warm voor. As die sous te dun lyk, meng 1 t maizena met water en voeg by vir so 'n paar minute.