Friday 4 January 2013

Tuisgemaakte 5 min. Creme Fraiche


Dis eintlik so maklik om hierdie "Creme Fraiche" self te maak, dat jy geen verskoning het om heerlik te onthaal met hierdie tuisgemaakte produk nie.  Jou gaste gaan beslis beindruk wees:

Tuisgemaakte, maklike resep vir :  “Crème Fraîche”
(5 min. om te maak)

2 K vars room
3 Eetlepels Karringmelk

Verhit die room tot net warm.  (Moenie kook nie – jy wil dit net lou warm maak.)
Haal af van hitte en meng die karringmelk by.
Gooi in glas houer met deksel en laat dit op die rak by kamer temperatuur staan vir 24 uur.  Roer of skud af en toe.
Na 24 uur, roer goed deur of skud dit goed en laat dit dan weer vir 24 uur staan by kamertemperatuur.  Na 48 uur behoort dit reg te wees vir gebruik.  Dit sal in die yskas hou vir tot 10 dae.