Tuesday 18 December 2012

Kersgeskenk idee vir 'n tuinier

Benodig jy 'n dringende kersgeskenk?  Dalk vir 'n familie lid wat lief is vir sy/haar tuin?

Wat kan nou beter wees as 'n mandjie vol plante.  Jou kwekery sal vir jou kan help met oulike idees en dit hoef jou nie 'n aardige bedraggie uit die sak te jaag nie.  Drie plantjies in 'n mandjie of karton boksie is 'n oulike getal en jy kan dan net die mandjie versier met lint en as jy het, 'n dennebol of twee.  Enige tuinier sal van so 'n geskenk hou.

As jy wil kyk na 'n duurder geskenk of een met 'n ietsie ekstra, sluit 'n tuin grafie stel in en/of handskoene.  'n Handeroom sal ook baie welkom wees.  Jy kan ook 'n pakkie of twee saadjies insluit ....dalk van die persoon se gunsteling blommetjies of 'n nuwe blommetjie op die mark wat jy weet sy interressant sal vind.

As daar 'n ekstra gaatjie in die mandjie oop is wat jy moet vul, kan jy ook dink aan kruieplantjies en/of dalk 'n tuin tydskrif wat mos ook propvol idees is vir sy/haar tuin.