Friday 4 January 2013

Toks se biltong potjie


Toks van der Linde se Biltong potjie. (Net reg vir die wat nog op vakansie is.)

(Bedien 10)

3 uie, gekap
1 pakkie vars sampioene, opgesny
1 pakkie spek, opgesny
1 pakkie frankfurter worsies, opgesny
1 pakkie kaasworsies, (‘cheese grillers’), opgesny
1 pak skroefnoedels
1 pakkie Tastic sampioenrys
1 pakkie Tastic Spaanse rys
720g gekerfde beesbiltong
250g gerasperde kaas

Maak 'n swart pot warm oor die vuur en braai die uie en sampioene in olie. Geur met sout. Gooi spek by en braai 2 minute, voeg dan worsies by. Braai 5 minute. Gooi skroefnoedels en rys by en een ketel kookwater. Maak pot toe en prut 20 minute (hou ‘n oog en gooi nog water by indien nodig). Gooi biltong oor, maak deksel toe en stoom 5 minute. Maak oop en roer pot deur, kyk net dat dit nie droogkook nie. Gooi gerasperde kaas bo-oor en laat staan 5 minute.
(soos ook op Pasella gewys)